Advertensie-verbod, Britte is te vet

Die Britse sjef en restauranteienaar, Jamie Oliver, het die planne die Britse regering verwelkom om advertensies vir gemorskos op televisie en aanlyn voor 9-uur te verbied. Die Eerste Minister Boris Johnson, sal binnekort ‘n aggressiewe strategie teen vetsug bekend maak. Die Gesondheidsopname vir Engeland in 2017 het geraam dat 28,7 persent van volwassenes in Engeland aan vetsug ly en ‘n verdere 35,6 persent oorgewig is. Oliver sê aanlyn is waar die toekomstige probleme regtig lê.