Diko vat verlof na tender-skandaal

Die Woordvoerder van President Cyril Ramaphosa, Khusela Diko, het verlof geneem en tydelik afstand gedoen van haar rolle in die regering. Dit volg te midde van beskuldigings van onbehoorlike optrede ten opsigte van tenders wat aan haar man toegeken is deur die Gautengse Departement van Gesondheid. Die Minister in die Presidensie, Jackson Mthembu sê Tyrone Seale is aangestel om waar te neem as woordvoerder van die president terwyl Diko met verlof is.