Dagvaardiging teen versekering gaan voort

Die Suid-Afrikaanse maatskappy, Insurance Claims Africa , sê hy sal voortgaan met sy regsaksie ondanks die skikking van ‘n miljard Namibiese doller wat deur van die land se grootste versekeraars, insluitend Santam en Hollard, aangebied is. Die maatskappy voer namens 600 sakeondernemings in die gasvryheidsbedryf die stryd om versekeringsmaatskappye sover te kry om sake-onderbrekingsdekking tydens die Covid-19-pandemie te betaal. Die Hoofbestuurder van Insurance Claims Africa, Ryan Wolley, sê die skikking sal nie ‘n reuse-uitwerking hê nie.