Kerkleier vra Erongo om nie moed te verloor nie

Die Sekretaris Generaal van die Namibiese Raad van Kerke Ludwig Beukes het inwoners van die Erongostreek gevra om nie moed te verloor in die moeilike omstandighede wat op die oomblik daar ervaar word nie. Baie druk is volgens hom op die gemeenskap oor die impak van die Covid-19 pandemie en die verwoestende brand in Walvisbaai die afgelope naweek.