Mynwerkers Unie se planne

Die Namibiese Mynwerkers Beleggings Trust wat deel is van die Mynwerkers Unie het planne bekendgemaak om die lewensomstandighede van hulle lede, vorige lede en hulle naasbestaandes te verbeter.Volgens 'n verklaring van die Trust sal verskeie projekte in die verband van stapel gestuur word. Dit is vandag bekendgemaak tydens 'n mediakonferensie in die hoofstad soos Aina Kweyo woordvoerder van die trust verduidelik.