68 nuwe Covid-gevalle in Namibië

Daar is 68 nuwe Covid-19 gevalle in Namibië bevestig. Dit bring die totaal op 1843 te staan. Sestig van die nuwe gevalle is in Walvisbaai, 1 in Swakopmund, 6 in Windhoek en 1 in Keetmanshoop. Die Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het die syfers vroeër in die Covid-19 kommunikasiesentrum in Windhoek bekend gemaak.