Oorstromings in die Wes-Kaap

Oorstromings het in informele nedersettings soos Khayelitsha, Philippi, Wallacedene, Mfuleni en Delft in Kaapstad voorgekom. In talle gebiede in die Wes Kaap is paaie ook oorstroom en bome ontwortel. ’n Woordvoerder van die rampbestuurspan, Chantel Alexander, sê Kaapstad se Vervoerdepartement het sandsakke en gruis asook ander hulpmiddele aan inwoners van die gebiede verskaf.