5000 lede van SAP en ander sekerheidsmagte met Covid-19 besmet

Die Suid-Afrikaanse Minister van Polisie, Bheki Cele, het onthul dat meer as 5 000 polisielede en ander sekerheidsmagte met die korona-virus besmet is. Ses-en-dertig beamptes het as gevolg van die virus gesterf. Verskeie polisiekantore moes hul deure tydelik sluit weens Covid-19-besmettings. Cele het bygevoeg dat hulle ‘n toename in misdaad regoor die land onder vlak drie van die inperking ervaar.