Reaksie nadat borgaansoek-saak van Esau en Hatuikulipi uitgestel is

Die voormalige Namibiese Minister van Visserye Bernhardt Esau en sy skoonseun Tamson Hatuikulipi sal eers op 21 Julie hoor of hulle borgaansoeke suksesvol was. Landdros Duard Kesslau het die saak vanoggend in die Windhoek Landdroshof uitgestel. Die Woordvoerder van die Ministerie van Justisie Ockert Jansen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.