Energie-oorgang na groener tegnologie noodsaaklik vir 'n skoon toekoms

Groen herstel is beter vir die planeet maar ook vir ons ekonomieë en werksgeleenthede. Dis die mening van 'n Gesant na die VN Klimaatsverandering Konferensie oftewel COP26, John Murton. Murton sê Brittanje is daartoe verbind om met Vietnam en die sogenaamde ASEAN-lande saam te werk veral met energie-oorgang vir meer volhoubare ontwikkeling.