Permitsisteem voortaan strenger toegepas in Walvisbaai, Swakopmund en Arandis

Die jongste Covid-19 noodmaatreëls is vroeër vandag bekend gemaak wat voortaan sal geld in Namibië. Volgens President Hage Geingob bly Swakopmund, Arandis en Walvisbaai in fase drie terwyl die res van die land steeds in fase 4 is. Reise in die drie Erongo plaaslike owerhede sal egter streng ingeperk word. Die Namibiese Prokureur-Generaal Festus Mbandeka sê die vorige permitsisteem is misbruik en daarom sal net kritiese gevalle permitte ontvang om uit die spesifieke plaaslike owerhede te beweeg.