Rand en sent 5 Julie 2020

Carla Oberholzer van Debtsafe moedig jou aan om jou denke te vernuwe, sodat jy kan oorleef in onsekere tye. Sy het ook wenke oor hoe jy jou skuld kan aanpak. Walter van der Merwe van Fedgroup Life gesels oor die impak wat Covid-19 op voorsorgfondse het, en veruidelik hoe jy kan bereken hoeveel jy nodig sal hê om 'n gerieflike oudag te hê. Marise Smit van Brenthurst Wealth vertel hoekom dit raadsaam is om 'n finansiële adviseur te gaan sien wanneer jy vir jou aftrede beplan.