Moeilike saketoestande vir restaurante; BBP val

Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, bespreek in die jongste "3 Minute, 3 Sake" die bruto binnelandse produk (BBP) wat met 2% in die eerste kwartaal geval het. Hy kyk ook na Sakeliga se jongste meningspeiling wat steeds moeilike toestande vir sakeondernemings skets en die nuwe verslapping op afsonderingsregulasies wat nie genoeg is vir restaurante om suksesvol sake voort te kan sit nie.