Swartbooi praat oor NV chaos

Die Speaker van die Nasionale Vergadering sê stappe sal geneem word teen lede van die Nasionale Vergadering vir gister se chaos. Kraswoorde is tussen lede oor en weer geskree en lede van die Grondlose Mensebeweging het uitgestap nadat hulle gevra is om die parlement te verlaat ... die kwessie handel oor die mosie deur Swanu om die nasionale versoeningsbeleid van die regering te bespreek. Die leier van die LPM Bernadus Swartbooi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.