Alkohol kan weer aangekoop word in Fase 3

President Hage Geingob het bevestig dat Namibië Maandag na Fase 3 sal beweeg tot 29 Junie. Mense moet steeds maskers dra maar mag weer oefen en alkohol aankoop tussen 12h00 en 18h00. Walvisbaai sal vir 7 dae na Fase een terugkeer en skole op die dorp sal ook gesluit wees. Die Namibiese Minister van Gesondheid, Dr Kalumbi Shangula het tydens die konferensie meer besonderhede bekend gemaak oor pasiënt 21 en 22.