Praat Saam

RSG  |  PRAAT SAAM
Die Verenigde Nasies het gewaarsku dat die coronavirus-pandemie grootskaalse sielkundige druk op mense plaas. Duisende mense wêreldwyd is reeds dood en miljoene mense het siek geword. Die VN sê van gesondheidsorgwerkers tot kinders, bejaardes en mense wat hulle werk verloor, ly aan angs. Die VN het 'n beroep op regerings gedoen om op te tree om strategieë te bepaal om mense se geestesgesondheid te beskerm. Hoe kan jy die grendeltyd oorleef?