Praat Saam

RSG  |  PRAAT SAAM
Die Skool vir Ekonomie aan die Universiteit van Kaapstad sê die verbod op tabakverkope het goeie bedoelings, maar die ekonomiese gevolge weeg veel swaarder. 'n Opname deur die skool wys dat die verbod nie verhoed het dat Suid-Afrikaners rook tydens die inperking nie - sowat 90% van rokers het sigarette op die swartmark gekoop.