Praat Saam

RSG  |  PRAAT SAAM
Rokers, drinkers, onderwysers, leerders, werkers, die privaatsekor, burgerregtegroepe, vakbonde, barnderplankryers en selfs mense wat warm kos wil verkoop is ongelukkig oor die stand van inperking en die vlak 4-reëls wat nou van toepassing is. Baie van die belange groepe vra vir die verslapping van enkele van die ekonomiese en maatskaplike Covid-19-inperkingsmaatreëls. Akademici en verskeie belangegroepe het vroeër die maand gevra dat die ekonomie heropen word. Watter rol speel belangegroepe in besluitneming, en hoe reageer die regering daarop?