Praat Saam

RSG  |  PRAAT SAAM
Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het gelas dat alle wetstoepassers wat teenwoordig was toe 'n inwoner van Alexandra in Johannesburg vermoor is, geskors moet word weens wangedrag. Die 40-jarige Collins Khosa is verlede maand dood nadat hy na bewering deur Weermaglede aangerand is. Sy familie het vroeër die Konstitusionele Hof genader waar die saak van die hand gewys is weens onvoldoende bewyse. Hulle het gevolglik 'n dringende aansoek by die Hooggeregshof ingedien om die regering te dwing om in te gryp wanneer wetstoepassers hardhandig optree in die inperkingstyd. Hoe help die reg om wetstoepassers verantwoordbaar te hou?