Praat Saam

RSG  |  PRAAT SAAM
Verlede week het die Minister van Staatsdiens en Administrasie, Senzo Mchunu, 'n beroep op staatsamptenare gedoen om die regering in te lig wanneer hulle persoonlike beskermende toerusting benodig. Mchunu het terugvoer gegee oor die werksaamhede van die openbare sektor te midde van die vlak 4 Covid-19 inperkingsmaatreëls. Intussen het Besigheidseenheid Suid-Afrika gevra dat die ekonomie heropen word met voorwaardes en enkele uitsluitings om grootskaalse werkloosheid af te weer. Wat is die staat se benadering teenoor die private sektor en staatsdiens as dit kom by die hantering van Covid-19?