Praat Saam

RSG  |  PRAAT SAAM
Vakbonde het bevestig dat hulle in gesprek is met die regering oor die herstrukturering van die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Intussen het die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, die lugdiens se sakereddingspraktisyns opdrag gegee om die spertyd uit te stel vir werknemers om aansoek te doen vir skeidingspakkette. Hoe volhoubaar is herstrukturering of 'n nuwe nasionale lugdiens?