Praat Saam

RSG  |  PRAAT SAAM
Vroeër vandeesmaand het 'n Kaapstadse man, wat 'n boodskap op sosiale media geplaas het waarin hy beweer dat Covid-19 toetsstelle besmet is, in die Goodwood Landdroshof verskyn. Oortreders wat skuldig bevind word aan die verspreiding van fopnuus kan tot ses maande gevonnis word. Plaaslik is daar steeds verwarring oor wat tydens fase 4 toeglaat sal word al dan nie. Baie meen dit is omdat van die ministers mekaar weerspreek. Hoe kommunikeer jy in 'n tyd van krisis?