Praat Saam

RSG  |  PRAAT SAAM
President Cyril Ramaphosa sê reisbeperkings sal voortduur wanneer Covid-19-inperkings op 1 Mei van Vlak-5 na Vlak-4 verlaag word. Dit beteken dat Suid-Afrika se grense gesluit sal bly vir alle internasionale reise, behalwe om gestrande Suid-Afrikaners na die land terug te bring of buitelanders te repatrieer. Mense mag ook nie oor provinsiale grense reis nie, behalwe in uitsonderlike gevalle soos vir begrafnisse. Die publiek word aangemoedig om steeds tuis te bly. Ramaphosa sê Vlak-4 behels onder meer dat sekere sake-ondernemings mag heropen, maar met inagneming van streng gesondheid- en veiligheidsvoorskrifte. Watter impak het die veranderinge op werksekerheid?