Praat Saam

RSG  |  PRAAT SAAM
Die minister van Polisie, Bheki Cele, sê moontlike klagtes teen die minister van Kommunikasie, Stella Ndabeni-Abrahams, word ondersoek nadat sy tydens die inperking vriende vir 'n ete besoek het. President Cyril Ramaphosa het Ndabeni-Abrahams vir twee maande geskors, waarvan een sonder salaris. Sy moes ook die land om verskoning vra vir haar oortreding van die inperkingsmaatreëls. Cele het op bewerings gereageer dat polisiebeamptes, kabinetsminsters en ander amptenare oor die hoof gesien word vir oortredings tydens die staat van inperking. Polisiepraktyk in 'n tyd van krisis – wat dink jy van die polisie se optrede in jou buurt, stad en provinsie? Dra dit by tot jou gevoel van veiligheid?