Praat Saam

RSG  |  PRAAT SAAM
Verbruikers met oortrokke geriewe en sakeondernemings wat steeds in 'n posisie is om hulle skuld te diens, sal voordeel trek uit die onverwagse verlaging in rentekoerse. Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het gister 'n tweede verlaging in due repkoers van 100 basispunte in minder as 'n maand aangekondig. Ons word die afgelope tyd oorval met versoeke van luisteraars wat wil weet wat hulle regte en verantwoordelikhede is met die betaling van skoolfonds, universiteitsgeld, dienste en kontrakte waarvoor hulle in die tyd van inperking verantwoordelik is.