RSG Landbou

Skoolhoof Albert Mocke en trustees Augusta Brandt en Wilhelm de Wet van Jakes Gerwel Tegnies deel 'n storie van hoop. Tydens die bou van hierdie skool op Bonnievale het die gemeenskap saamgestaan met 'n bepaalde doelwit. In die proses het mense wat mekaar aanvanklik nie vertrou het nie, vriende geword. Die toekoms van duisende kinders slaan nou 'n positiewe nuwe rigting in, te danke aan 'n klein groep mense met 'n gedeelde visie van betekenis.