Praat Saam

RSG  |  PRAAT SAAM
Die voormalige burgemeester van Stellenbosch, Conrad Sidego, is verlede week op 73-jarige ouderdom oorlede. Hy het verskeie poste beklee en was onder meer in 1991 die ambassadeur in Denemarke. Sidego was tussen 2011 en 2016 die burgemeester van Stellenbosch. Die DA se federale voorsitter, Ivan Meyer, sê onder Sidego se leierskap het Stellenbosch van krag tot krag gegaan en is een van die munisipaliteite wat die beste bestuur word. Sidego was aan die begin van sy loopbaan 'n joernalis, en is die eerste bruin persoon wat vir 'n Afrikaanse koerant gewerk het. Ons kyk na Conrad Sidego se nalatenskap en bydra tot 'n demokratiese Suid-Afrika.