Kolisi vra Suid-Afrikaners om maatreëls te gehoorsaam

Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, het Suid-Afrikaners aangemoedig om die reëls te gehoorsaam tydens die inperkingstydperk van 21 dae wat vannag om middernag in werking tree. Sy span, die Stormers, het ‘n video geplaas waarin hy ’n beroep op Suid-Afrikaners doen om alles binne hulle vermoë te doen om by die huis te bly en die koronavirus se verspreiding te bekamp. Kolisi het Stormers-ondersteuners verseker dat spelers die 21 dae sal gebruik om in hulle agterplase fiks te bly: