BOEKKLUB: ALBA BOUWER 100 – RIVIERPLAAS SE MA

--:--
Met: Elna van der Merwe as
gesprekleier; Mila Guy lees voor

Aangebied deur Tafelberg

Op 16 Maart 2020 sou Alba Bouwer
100 jaar oud wees. As ’n huldeblyk
word die ikoniese Rivierplaas-omnibus
herdruk en eksklusief by die Woordfees
bekend gestel. Twee van haar sewe
stiefkinders, Leon Coetzee, wat van
kleuterdae af deur Alba grootgemaak
is, en Jan Hofmeyr, wat saam met haar
op Riversdal gewoon het, deel van die
familie se herinneringe aan dié geliefde
kinderboekskrywer wat nooit haar eie
kinders gehad het nie. Gaste kan dan
luister na ’n voorlesing uit Stories van
Rivierplaas, Nuwe stories van Rivierplaas
en Stories van Ruyswyck deur Mila Guy.
12 Mar 2020 12PM Afrikaans South Africa News · Government

Other recent episodes

DIE SEE SPOEG STORIES

Meg Vandermerwe, Kirby van der Merwe en Jolyn Phillips gesels met Thys Human Aangebied deur Penguin Random House en Human & Rousseau Die verbitterde kreefsmous Hendrik se ontdekking van ’n meermin op ’n verlate strand aan die Weskus is die begin van ’n anderse seerkry-liefdesverhaal in Meg Vandermerwe se Die…
13 Mar 2020 5AM 55 min

RONELDA KAMFER & NATHAN TRANTRAAL: TWEE DIGTERS TESAME

In gesprek met Louise Viljoen Aangebied deur Kwela Met Chinatown en Oo’log publiseer die Trantraals, Ronelda Kamfer en Nathan, vir die eerste keer (amper) saam. In hul onderskeie bundels ondersoek Ronelda geslagspolitiek, vrouemishandeling en die gebroke verhouding tussen ’n dogter en pa; en Nathan, oorlogvoering, ook in die persoonlike, intieme…
12 Mar 2020 8AM 56 min

REZA DE WET – TEATERPIONIER

Met: Temple Hauptfleisch, Marisa Keuris en Danie Stander; Dawid Minnaar en Susan Coetzer lees voor Aangebied deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, en Protea Boekhuis Reza de Wet was skaam dog vreesloos, ’n Vrystaatse dramaturg bekend vir haar ontginning van magie, illusie en seksualiteit. Temple Hauptfleisch en Marisa…
12 Mar 2020 5AM 26 min

MAGIESE MADAGASKAR

Met: Catherine du Toit, Naòmi Morgan en Johanna Steyn Aangebied deur die Agence Universitaire de la Francophonie ’n Geniale, maar haas onbekende digter van Madagaskar se poësie lei tot ’n grensverskuiwende, veeltalige vertaalprojek tussen Afrikaans, Engels en Frans, wat veral wys op die besondere affiniteit tussen Frans en Afrikaans. Catherine…
10 Mar 2020 8AM 51 min