RSG Landbou

Tydens president Cyril Ramaphosa se staatsrede het hy onderneem om binne twee weke ná die rede, 'n tarief teen hoenderinvoere te publiseer. Dit het egter nog nie gebeur nie. Lise Roberts praat met die stigter van die Fairplay-beweging, Francois Baird, oor die erns van die saak. Een van die hoogtepunte op die jaarlikse Bonsmara SA-kalender is die Rooi Ras-geleentheid. Louis Steyl vertel waar en wanneer dit vanjaar plaasvind, en wat op die program is. Frans de Klerk kyk na die beweging van die rand en die witmielieprys, en daar is ook 'n kykie na die weer. Hennie Maas gesels met 'n boer van die Heilbron/Frankfort-omgewing oor sy stokperdjie, sterrekunde.