Seisoen 3, Episode 1: Hoe jy kan help as iemand na aan jou ‘n dobbelprobleem het? met dr Ronél le Roux

Dobbelafhanklikheid word dikwels ten alle koste geheim gehou. Hoe werk dit, en is daar werklik gratis terapie vir dobbelafhanklikes en hul gesinne beskikbaar?
Dr Ronél le Roux is ‘n emosionele intelligensie-spesialis en terapeut van Centurion.
Gratis, konfidensiële hulplyn van die South African Responsible Gaming Foundation: 0800 006 008 (24/7)