Monitor

RSG  |  MONITOR
President Cyril Ramaphosa se aansoek om die openbare beskermer se verslag oor die Bosasa-skenkings aan hom te laat hersien, het gister in die hooggeregshof in Pretoria begin. Die hof moes by beide kante se regspanne hoor hoe reg hulle kliënt en hoe verkeerd die ander party is. Die saak gaan vandag voort. Monitor het met die regskenner prof Pierre de Vos en die parlementêre joernalis Jan-Jan Joubert oor die saak gepraat.