Monitor

RSG  |  MONITOR
Duisende mense verdwyn jaarliks net spoorloos. Onlangse navorsing toon dat gedwonge arbeid in Suid-Afrika hoër is as seksuele uitbuiting. 'n Verslag oor die skaal van mensehandel getiteld, #stillnotfound: All the missing children of South Africa, word ook binnekort bekendgemaak. Ons praat vanoggend oor die kwessie met Dr Marcel van der Watt, 'n kenner in mensehandel van die Departement Polisiepraktyk by UNISA, en Annelize Theunissen, Die Freedomclimb Koordineerder OM Africa oor die kwessie..