Gerrit Brand (1970 - 2013) – in memoriam

--:--
Met Johan du Toit, Nico Koopman en Johann Rossouw: Gerrit Brand het as gerespekteerde joernalis en boekeredakteur, stryder vir meertaligheid, wydgelese
rubriek- en blogskrywer, diepsinnige filosofiese teoloog en Woordfeesvriend, ’n groot invloed uitgeoefen as openbare intellektueel. In ’n huldigingsgesprek reflekteer Johan du Toit, Nico Koopman en Johann Rossouw oor sy bydrae as mens en skrywer. ’n Huldigingsbundel, Godvanger: ’n keur uit die skrywes van Gerrit Brand (met Willem de Vries en Robert Vosloo as redakteurs), word bekendgestel.
14 Mar 2014 10AM Afrikaans South Africa Arts · TV & Film · Society & Culture

Other recent episodes

Lina Spies 75

Lina Spies is nie alleen alombekend op Stellenbosch nie, maar het met haar herkenbare digterstem ’n wye aanhang verwerf by sowel leerders en studente as by die breë publiek. Die afgelope jare het bekronings gebring vir haar vertaling van Anne Frank se dagboek uit Nederlands. Kom luister hoe Murray La…
10 Mar 2014 10AM 57 min

Engela van Rooyen, 75

‘Sy skryf met eerlikheid en gevoeligheid, sonder ’n greintjie sentimentaliteit. En daarvoor kan sy nie hoog genoeg aangeprys word nie.’ – Cecile Cilliers. Danie Botha en Linda Rhode vier saam met Engela haar uiters suksesvolle loopbaan en lewe. Sy het reeds as student begin skryf aan ’n oeuvre van kortverhale…
12 Mar 2014 10AM 43 min

Corlia Fourie, 70

As dogter van Mikro is Corlia Fourie se liefde vir stories reeds vroeg vasgelê. Na jare as joernalis het sy haar hand aan fiksie gewaag – en daarna was daar geen keer nie.Haar verhoogstukke, radiodramas, kinderverhale, kortverhale en romans is verskeie kere bekroon. As Rooi Rose se verhaleredakteur ploeg sy…
13 Mar 2014 10AM 51 min

Dan Sleigh , 75

Hierdie grootse skrywer, wat sy 75ste verjaarsdag in 2013 gevier het, is veral veelvuldig bekroon vir sy roman Eilande, maar ook vir sy digkuns en vir Wals met Matilda. Kom luister gerus hoe syskrywersloopbaan tot dusver verloop het, na die groot rol wat sy kundigheid oor die geskiedenis daarbygespeel het…
11 Mar 2014 10AM 48 min