Oud en nuut in die argitektuur: Met Wilhelm Kruger en Dolf Wieërs

--:--
Kan historiese en nuwe geboue só sinvol by mekaar aanpas dat geskiedkundige buurte optimaal tot hulle reg kom? As argitek en Stellenbosser spreek
Wilhelm Kruger sy kommer uit oor sommige ontwikkelinge op ons dorp. Dolf Wieërs, ’n bekende argitek van België, bespreek watter hase hulle daar uit die hoed haal om die beste van albei wêrelde te maak.
11 Mar 2014 7AM English South Africa TV & Film · Arts

Other recent episodes

Johann Rossouw – Verwoerdburg

Aangebied deur Umuzi: Tydens ’n skoolreünie kom die lewe van ’n groep Suid-Afrikaners onder die loep. Dit is twintig jaar ná demokrasie, wat vryheid vir baie beteken, maar vir hierdie groep ook die verdwyning van ’n lewe waarop hulle voorbereid was. Pieter Duvenhage voer gesprek met Johann Rossouw en Francois…
14 Mar 2014 8AM 51 min

Grieks word abrakadabra Afrikaans

Aangebied deur die Vriende van Afrikaans. Met lede van die Boekwurm-leesklub: Die Ilias van Homerus is kuns van toentertyd, maar siedaar, danksy JPJ van Rensburg se hoogstaande Afrikaanse vertaling, sowaar nog toeganklik vir ons. In versvorm word helde soos Blinkhelm-Hektor en Snelvoet-Achilles, en vroue soos die goddelike Helena en witwarm-Andromachê…
14 Mar 2014 4AM 48 min

Benescke Janse van Rensburg – God was dáár

Aangebied deur CUM: Bekende radiopersoonlikheid Benescke Janse van Rensburg skryf oor wonderwerke wat bekendes en gewone mense se lewens verander het.Sua du Plessis praat met Benescke oor dié boek se inspirerende geloofstories van mense soos Juanita du Plessis, Michael Mol, Johan Stemmett, Allister Coetzee en baie ander.
12 Mar 2014 4AM 43 min

Koebaai James Bond!

Aangebied deur Naledi: Wat gebeur met die liggaam wanneer mens op ʼn sianied-kapsule byt? Hoe lank duur dit om te sterf nadat jy haaikos word? In dié prettige aanbieding verklap die bekende medikus en skrywer Heinz Mödler presies wat op mediese vlak gebeur wanneer skurke in James Bond-rolprente aan hul…
13 Mar 2014 5AM 45 min

Abel Pienaar – God se oë is blou

Aangebied deur Naledi: Jean Oosthuizen, voormalige nuusredakteur van Kerkbode, besin saam met die omstrede filosoof Abel Pienaar, wie se Rapport-godsdiensrubrieke saamgestel is in dié bundel, oor die moderne mens se omgang met geestelike kwessies.
14 Mar 2014 9AM 49 min