Asterix in Afrikaans

Aangebied deur Protea Boekhuis: Getafix is nou Kasterolix, Cacophonix is Liederlix en Dogmatix herdoop na Witblix. Maar Astrix en Obelix se streke bly dieselfde – en lesers kan dit geniet
in sprankel-Afrikaans, danksy die vertalings van Sonya van Schalkwyk-Barrois. Sy het ook al Kuifie (Tintin) Afrikaans laat praat. Zandra Bezuidenhout en Johanna Steyn praat oor die uitdagings van dié vertaling en die towerkuns wat dit verg.