Praat Saam

RSG  |  PRAAT SAAM
Die EFF is moontlik op pad na 'n verdelende verkiesingskonferensie van sy topleiers hierdie naweek. Hy is bekend as 'n party met 'n hegte leierskorps, wat dikwels enige bewering van interne verdeeldheid verwerp, maar sukkel om in die aanloop tot die konferensie 'n verenigde front voor te hou. Na berig word is 'n skommeling van die sentrale bestuurspan moontlik. Watter impak maak die EFF op die politieke diskoers, en hoe lyk 2020 vir hulle?