RSG Landbou

Daar is slegs een okkerneutprodusent in Suid-Afrika. Die bestuurshoof van Rotondo Walnuts, Percy Watkins, vertel hoekom dit die geval is. Hy praat ook oor hulle behoefte aan uitbreiding. Die inskrywings vir die jaarlikse Cleaver-toekennings is oop. Hierdie toekennings vereer plaaslike slaghuise en vleismarkte. Dewald Olivier, bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging, verduidelik hoe die kompetisie werk. En 'n Brangus-boer van die Ladysmith-omgewing in KwaZulu-Natal, Martin Campher, vertel vir Hennie Maas van sy stoet.