Praat Saam

RSG  |  PRAAT SAAM
Verlede week op Praat saam het ons gepraat oor Suid-Afrikaners wat hulle pensioen vinniger as verwag opgebruik, en die gevolge wat daarmee gepaard gaan. Prof. Eltie Links, 'n gerekende ekonoom, het ingebel en daarop gewys dat die sielkundige en emosionele impak van aftrede jou lewe ingrypend kan verander as jy nie beplan nie. Wat is die emosionele en praktiese voorbereiding wat jy in plek moet hê?