RSG Landbou

Die Graanakademie trek van volgende jaar af 'n nuwe baadjie aan, en sal voortaan as die Ag Academy for Leaders bekendstaan. Jannie de Villiers, die bestuurshoof van Graan SA, het sewe jaar gelede met die idee vorendag gekom. Hy vertel wat hulle planne behels. Yolande Roodt is op haar pos met die jongste wolpryse, en Christo Bester van die LWO-werkgewersorganisasie praat oor rooi vlae in die werksplek. Hy gesels onder meer oor die effek wat negatiewe gedrag in die werksplek op 'n besigheid het.