Eerste Suid-Afrikaanse kunstenaars kom vandag op Walvisbaai aan

Die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaars wat gaan optree by die Kwela Kia Dorp van die Jaar Makiti op Swakopmund die komende naweek kom vandag op Walvisbaai aan. Die bemarkingshoof van Destination Swakopmund wat die Makiti help organiseer, Oliver Ahrens, sê alles verloop soos beplan.