RSG Landbou

Boerekos bly deel van ons erfenis, en Suid-Afrikaners is altyd op soek na die kos wat ouma op die plaas gemaak het. Dit is egter meer as net daardie resepte van ouds. Arina du Plessis, die kosredakteur by Landbouweekblad, praat hieroor. 'n Appel, peer en nektarienprodusent van die Villiersdorp-omgewing is aangewys as vanjaar se Toyota SA/Agri SA New Harvest boer van die jaar. Sewis van den Horst vertel van sy kleintyd en sy passie vir die landbou. Waarom is die teelwaardes van 'n bul so belangrik? Suretha Francis van SA Stamboek gee raad oor die regte manier om jou bulkeuse te maak.