Chris van der Merwe – Die wonder van die Goddelike liefde

Aangebied deur Lux Verbi: Chris Jones praat boeiend met die bekende ouddosent en bekroonde radioresensent Chris van der Merwe oor leidrade om die misterie van die Goddelike liefde beter te kan verstaan. Van der Merwe ondersoek in hierdie wonderlike boek ses perspektiewe op die liefde, naamlik geloof, hoop, geregtigheid, nederigheid, waarheid en vreugde.