RSG Landbou

Die Rooivleisbedryfsforum het onlangs met die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling ontmoet vir 'n gesprek oor die rooivleisbedryf en die bek-en-klouseersituasie. Gerhard Schutte, hoofbestuurder van die Rooivleisprodusente-organisasie, vertel hoe dit verloop het. Derick Hanekom van Sutherland praat oor die droogte in die streek. Hy vertel van 'n projek, Save the Sheep, wat boere en die gemeenskap bystaan in hierdie moeilike tye. En Hennie Maas gesels met Stan Jerling oor tegnologie wat gebruik word om water slimmer te bestuur op die plaas.