Seisoen 2, Episode 7: Maak kreatiwiteit só deel van jou lewe met Eleen Polson

Ons fokus so op produktiwiteit en om by te hou dat ons vergeet ons kan ons skeppingsvermoë inspan om sommer net te sing, te verf of te beweeg omdat dit lékker is. Die uitkoms maak nie saak nie, solank ons dit geniet. Eleen gee voorbeelde van maklike maniere om ons skeppende self te stimuleer, in die motor of tussen huistakies deur.

Eleen Polson is 'n voorligtingsielkundige: www.eleenpolson.com , tel 072 212 1719