Onteiening, waterregte en die toedeling van dataspektrum

Die parlementêre proses rondom onteiening sonder vergoeding duur voort. Die parlementêre komitee oor art. 25 van die Grondwet sal klaarblyklik wetgewing in Desember voorstel om die Grondwet te wysig. ʼn Openbare kommentaarproses sal in Februarie 2020 begin. Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder by Sakeliga, praat oor die voorstelle en die uitwerking wat dié wysiging moontlik op die ekonomie kan hê.