RSG Landbou

Plaas Media het in 2018 die Old Mutual Landboustudent van die Jaar-kompetisie bekendgestel. Die hoogtepunt van vanjaar se kompetisie was tydens die Alfa vee-ekspo toe 'n veekunde-, landbou-ekonomie- en gewasproduksie-student van die jaar aangewys is. Ons gesels met Pieter Theron wat in die veekundekategorie geseëvier het. Lindie Stroebel van die Produce Marketing Association gesels oor die Fresh Summit wat sy in Kalifornië in die VSA bygewoon het. En Barry Symons, 'n beesboer van KwaZulu-Natal, praat oor die vyf winsdrywers waarop 'n veeprodusent bedag moet wees.