Nederlandse skrywers op besoek

--:--
Ondersteun deur die Nederlandse Taalunie, Kaapse Forum vir Neerlandistiek, Van Ewijck-stigting en Fonds Neerlandistiek: Die dinamiese en veelsydige Vlaamse Bart Moeyaert, wat sy 50ste verjaarsdag in 2014 vier, lees uit sy werk saam met die Nederlandse topdigter Naomi Perquin. Moeyaert, wat o.m. stadsdigter van Antwerpen was, is al veelvuldig bekroon vir sy jeugverhale, poësie, toneel en vertalings. Sy werk word ‘gebruikersvriendelik’ maar tog diepsinnig genoem. Die jong Nederlandse digter Naomi Perquin, ook skrywer van rubrieke en radioverhale, word as ’n ster beskou. Haar eerste drie digbundels het talle pryse verower (o.m. van die tydskrif Het Liegend Konijn!), sy was redakteur van die bekende tydskrif Tiradeen stadsdigter van Rotterdam. ’n Gedig deur haar is in al 23 tale van die Europese Unie vertaal
10 Mar 2014 7AM English South Africa TV & Film · Arts

Other recent episodes

E-boeke en selfpublikasie: kuns of kulkuns?

Met Madri Victor, Suzette Kotze-Myburgh en Nèlleke de Jager: Is e-boeke die haas uit die hoed en toekoms van die boekbedryf? Is dit wys om as skrywer slegs e-boeke te publiseer? Wanneer is selfpublikasie ’n beter opsie as tradisionele of e-boek-uitgewers? Madri Victor gesels met Suzette Kotze-Myburgh en Nèlleke de…
14 Mar 2014 8AM 52 min

Woordkaros

Met Basil Kivedo, Dianne Ferrus en Elias P. Nel. Musikant: Joey Erasmus: ’n Geliefde Woordfees-aanbieding keer terug! Dis ’n lappieskombers uit die hoed, noukeurig aanmekaargestik met uitgesoekte woorde. Dis grootlieg- en lekkerlagstories. Dis emotiewe gedigte. Dis lekker musiek. Alles met sorg byeen gelas om jou te laat skater, te laat…
15 Mar 2014 3AM 48 min

33 Jaar van boekverkope

Met Lana Barnett, Kerneels Breytenbach, Melt Myburgh en Nèlleke de Jager: Hoe het die publiek se leesvoorkeure in 33 jaar verander en watter impak het dit op die boekindustrie? En wat hou die toekoms in? Lana Barnett, HUB van Leserskring, gesels met Kerneels Breytenbach, ʼn oud - uitgewer en skrywer,…
15 Mar 2014 8AM 38 min

Vertalings: Afrikaans en Engels, hand aan hand

Aangebied deur Umuzi: Met Fourie Botha, Kirby van der Merwe, Jaco Botha en Dominique Botha Die afgelope jaar of wat is verskeie romans gelyktydig in Engels en Afrikaans uitgegee. Maar is daar in die Suid-Afrikaanse letterkunde plek vir beide? En wat behels die vertaling van dié tekste? Die sprekers bekyk…
15 Mar 2014 4AM 48 min

Personas uit die hoed

Aangebied deur LAPA: ’n Gesprek tussen Izak de Vries en Chanette Paul oor Raaiselspieël en Siende Blind . Hulle fokus op die spel tussen werklikheid en fiksie, want hierdie tekste gaan oor die kulkuns van skryf, oor vals persoonlikhede en die werklikheid wat soms veel meer betowerend is as die…
11 Mar 2014 4AM 48 min