Duitsland herdenk die val van die Berlynse muur

Die Duitse Kansellier, Angela Merkel, sê die val van die Berlynse muur vandag 30-jaar gelede stuur 'n boodskap van hoop uit aan mense wat in lande woon waar menseregte steeds bedreig word. Merkel sê die herdenking is 'n vreugdevolle gebeurtenis, maar ook een van hartseer. Merkel het by 'n gedenkterrein gepraat waar 138 mense dood is toe hulle van oos- na wes-Berlyn probeer vlug het. Die Duitse Sosiaal Wetenskaplike en redakteur van Social Europe Henning Meyer is van mening dat Duitsland se rol in menseregte op die Europese vasteland baie belangrik is.