Luister in 3 minute: Ramaphosa beoog 'goedkoper' sake in SA

In die jongste 3 Minute, 3 Sake kyk Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, na Eskom wat onlangs die howe genader het vir bystand teen Nersa se prysbesluite; strenger regstelaksie-wette wat beoog word en pres. Cyril Ramaphosa se onlangse sprake oor sake wat vir klein en groot ondernemings makliker gemaak moet word.